
Ek is eintlik ‘n baie positiewe mens! Ek wonder nou maar net nadat ek die artikel Mogale relaunches fight against drugs gelees het …
Hoe lank reeds word hierdie situasie gedebatteer? Ek is 47-jaar oud en ek kan onthou van die opslae wat Sivewrightstraat in die vroeë 1970’s gemaak het, omdat hooggeplaaste mense van ander dorpe toe reeds die straat besoek het.
Oor die renovations van geboue wonder ek wat dit gehelp het vir die pragtige blok woonstelle op die hoek, wat steeds as huisvesting vir prostitute dien. Die mense wat die renovated geboue gaan huur of gaan koop, gaan nog steeds die drug lords wees wat glad nie sal omgee om buitensporige pryse te betaal nie, aangesien hulle winste oor ‘n baie kort tydjie daarvoor sal opmaak.
Net soms wens ek dat ons baie harder kan optree. Soos ek oor die probleem voel, sou ek ‘n stootskraper op die een punt ingestuur het, en als tot op die ander punt platgevee het … maar dis net my opinie!
Dan onthou ek altyd weer die een woord wat so baie dinge kan verander – ‘genade’!
