LettersOpinion

‘n Pluimpie vir Binnelandse Sake

Carl Steinman van Noordkruin skryf:

In ons mooi land hoor en beleef ons meestal negatiewe nuus en diens.

Daar is egter ‘n departement wat uitstekende diens lewer.

Ek, my vrou en dogter het op Maandag, 6 Maart by Binnelandse Sake in Krugersdorp aangemeld om aansoek te doen vir die hernuwing van ons paspoorte en ID’s.

Groot was ons verbasing toe ons deur personeel wat in netjiese uniforms geklee was, begroet is en wat alles ordelik gereël het. Ons het wel lank gewag as gevolg van omstandighede buite hul beheer, maar is professioneel bedien. Al die aansoeke is afgehandel met die boodskap dat ons dokumente binne twee weke gereed behoort te wees.

Toe oortref hul hulself aangesien ons ‘n week later ingelig is dat ons paspoorte gereed is om afgehaal te word. ‘n Dag later was ons ID’s gereed.

Baie dankie vir goeie diens, en hou so aan.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button