
Ek het bome voor my erf wat ek nou al maande lank probeer gesny kry. Nadat ek hoeveel mense gebel en gaan sien het, het ek die
nommer, 011 951 2114, gekry om te skakel.
Maar agt uit 10 keer sal daar geen antwoord wees nie, en die persoon wat veronderstel is om dit te beantwoord is net nooit beskikbaar nie.
In ieder geval, ek het toe die persoon al twee keer in die hande gekry en oor die boomprobleem ingelig, maar steeds het niemand nog uitgekom nie, en ek is ook gesê ek mag dit nie self doen nie.
Nou vra ek, wat staan mens te doen in so ‘n geval? Wag tot die boom omval en dan is dit ‘n groter gemors?
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
