
Baie dankie vir ‘n besondere geleentheid. Ek dink dit gaan een van die hoogtepunte op die musiekkalender van die Wes-Rand word.
Die dirigent het tydens pouse verduidelik dat hulle ‘n ooreenkoms gesluit het om simfonie-orkesmusiek jaarliks na die Weste toe te bring.
Vroeër was daar sulke uitvoerings by die Mount Grace Hotel, maar dit is lankal gestaak.
Die akoestiek van die saal dra vir seker by tot die klankgehalte. Die musiek wat meteens daar is as die dirigent sy hand beweeg bly altyd ‘n ervaring. So ook die pianis wat die hele klavier konsert uit haar kop uit speel en die orkes wat net eenvoudig hierdie melodieë optower.
Dit was, soos die vorige keer, ‘n besondere ervaring.
Nogmaals dankie vir die orkes en organiseerders. Ons sien uit na volgende jaar se Herfskonsert.
