LettersOpinion

Dankie vir hulp en bystand op ongelukstoneel

Rita Jonker van Krugersdorp skryf:

Ek was op 27 April in ‘n ongeluk tussen Paardekraal- en Voortrekkerweg betrokke.

Ek wil eerstens die Hemelse Vader dank dat Hy daardie dag my lewe gespaar het. Ek kan nie genoeg vir Hom dankie sê nie.

Dankie aan Karl Prinsloo en sy span, wat so gou op die ongelukstoneel was, dankie vir julle ondersteuning en bystand.

Dankie aan Charissa, ek sal nooit vergeet wat jy gedoen het nie. Jy was die heeltyd daar en ek waardeer dit uit my hart. Jy het ‘n hart van goud.

Dankie aan Liezel, Dylan en Joppie vir julle ondersteuning.

Ek is uit my hart so dankbaar vir julle almal.

Dit is goed om te weet dat Krugersdorp se mense mekaar se belange op die hart dra.

Ek wil ook dankie sê aan dr Smit en sy span van die privaat hospitaal se ongevalle; dankie vir jul bystand en diens, doen so voort.

Nogmaals baie dankie aan ‘n ieder en ‘n elk, ek waardeer dit uit my hart.

Dit maak my trots om te sê ek is ‘n Krugersdorper.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button