LettersOpinion

‘n Bietjie goeie nuus tussen die slegtes

Gerrie Strydom het 'n Facebook boodskap gestuur:

Ek het by ‘n bank in Key West aangedoen om my internetbank te herstel.

Thapelo was baie hulpvaardig en het my baie goeie diens gegee. By die huis aangekom ontdek ek dat my Parker Pen wat ek as ‘n geskenk ontvang het, weg is. Die volgende oggend vroeg doen ek navraag by mev Mooketsi van die bank en word meegedeel dat Thapelo eers weer Maandag terug op kantoor is waarna ek my kontakbesonderhede vir haar gegee het.

‘n Uur later bel sy my om my mee te deel dat sy telefonies met Thapelo geskakel het en dat hy my pen op ‘n veilige plek gebêre het.

Ons hoor net van slegte goed terwyl daar daagliks goeie goed plaasvind wat ons goedsmoeds ignoreer.

Kom ons deel die goeie goed met mekaar want daardeur sal ons ‘n positiewe verskil aan Suid-Afrika maak.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button