LettersOpinion

Totsiens News, hallo Herald!

News-joernalis Nadine Maré skryf:

Goodbye, totsiens, sala.

‘n Nuwe reis lê op die horison en wag vir my, maar ‘n leeftyd se herinneringe word agtergelaat.

Krugersdorp, wat kan ek sê … my tweede huis. Wat ‘n voorreg was dit nie om vir die News ‘n joernalis te kon wees nie. Dankie aan Janine Viljoen, Redakteur en Bianca Pindral, medejoernalis, dat julle my deel gemaak het van ‘n ongelooflike avontuur in joernalistiek.

Dankie dat ek deel kon wees van jul familie. My trane lê vlak en my hart voel swaar, maar die reis eindig nie hier nie. Dit is net ‘n nuwe begin by ‘n ander familie, die Randfontein Herald. Totsiens, maar nie vaarwel nie. Tot ons weer ontmoet.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button