
Alhoewel die News-span baie hartseer is om vir joernalis Nadine Maré te groet, is hulle wel verheug om ‘n nie-so-vreemde gesiggie terug te verwelkom.
Alanicka Lotriet, ‘n voormalige kadet by die Caxton Training Academy, het dié week by die News aangesluit.
Sy het haar indiensopleiding by die Randfontein Herald voltooi en besluit om voltyds deel te raak van die News-span.
Alanicka woon in Randfontein maar het by Hoërskool Bastion gematrikuleer. Sy beskryf haarself as ‘n nuus-slaaf en hou daarvan om ‘n vlieg teen die muur te wees.
Die News glo Alanicka gaan haar skryf-voete gou in die mooie Krugersdorp vind.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!
