
Ek, my vrou, my dogter en haar man gaan eet ontbyt by ‘n restaurant in Magaliesburg.
Na ‘n heerlike ontbyt vertrek ons huis toe maar nie een van ons merk op dat my skoonseun sy selfoon op die tafel vergeet het nie.
By die huis ontdek hy dat sy selfoon vermis is en almal begin naarstiglik soek, maar dis eenvoudig nêrens te kry nie.
‘n Rukkie later ontvang ek op my selfoon ‘n oproep van Codelia van die restaurant. Sy (en sy was nie ons kelnerin nie) het die selfoon op die tafel gesien en gou ondersoek ingestel en gemerk dat my nommer die laaste een is wat geskakel is. Sy het my dadelik geskakel, en nie eers van my skoonseun se selfoon nie, maar vanaf haar eie foon om ons in te lig dat die foon by haar is.
Dit is wonderlik om te weet dat daar nog sulke eerlike mense in Suid-Afrika is. Codelia verdien beslis ‘n pluimpie. Haar werkgewer kan met reg trots wees op haar.
