
In die 2 Junie-uitgawe van die News, pragtig in blou gekleur sodat niemand dit kan miskyk nie, het die volgende verskyn: Who do you call when you have a municipal emergency?
Sover my kennis strek het die DA voor die verkiesing gespog met ‘n kandidaat in elke wyk. Baie van daardie kandidate het ook raadslede geword maar niemand hoor of sien iets van hulle nie.
Is hulle nie ook veronderstel om soos ‘n wyksraadslid die gemeenskap te dien nie? Of jy ‘n wyksraadslid of ‘n proporsionele (PR) raadslid is, almal kry dieselfde vergoeding.
Wie moet die kiesers help wat in wyke bly wat nie in die artikel genoem is nie? Beskou die DA net die kiesers wat in Wyk 17, 18, 20, 21, 22, 26, 28, 29en 37 woon as belangrik?
Wanneer die volgende verkiesing kom, sal ons ook julle voorbeeld volg en net wegbly want as ons nie belangrik is nie dan is ons stemme ook nie belangrik nie.
