
Ek wil Krugersdorp Polisie se stasiebevelvoerder komplimenteer.
Hy het voor my in die lang ry by een van ons goedkoop kettingklerewinkels gestaan waar daar slegs een kassier besig was om mense te bedien.
Ek het gesien sy is weer nors soos ‘n vorige keer toe ek daar was. Ek het besluit om eerder niks te sê nie aangesien ek nie lus was vir die rassekaart nie.
Tot my verbasing het hierdie man haar aangespreek oor die feit dat sy altyd onvriendelik is en dat mens nie so werk met klante nie. Ek het net weereens besef dat dit meeste van die tyd gaan oor gesindheid.
Ek het so lekker met die man gestaan en gesels sonder om eers sy naam te vra. Hy verdien werklik ‘n groot kompliment vir die manier waarop hy aandag aan die probleem gegee het.
