Monnas se bergfietsklublede presteer
Monnas se bergfietsklub het rede om trots te wees.
Hoërskool Monument se Second-to-None Bergfietsklub het onlangs goed presteer tydens die USN Avianto fietsren.
Monnas het onderskeidelik aan die 10km (sub-juniors) en 30km (juniors) deelgeneem en soos volg presteer: In die 10km-wedren het Minnaar Brand tweede geëindig, Jaco Eloff derde, Dylan Marsden agtste, Michael Buys 24ste en Danielle Helberg eerste in die meisies afdeling.

In die 30km wedren het Brydan Liebenberg vierde geëindig, Reinard Kriek 10de, Reese Shelver 13de, Ulrich Gildenhuys 14de, Jonathan Clements 15de, Ruan du Preez 16de, Salmon Claase 17de, Bastiaan Viviers 18de, Sarah Hall derde, Chloe Gardner vierde en Nadia van Wyk agste.
Verwante artikels:
Talle medaljes vir Monnas atlete
Monnas se ruiters gallop na die top
