Noordskool netbalspan wys wie’s baas
Hulle het teen skole soos Laerskool Muldersdrif, Laerskool Randfontein, Laerskool Millennium Primary, Laerskool Gerrit Maritz en Laerskool Jongspan te staan gekom.
Laerskool Krugersdorp-Noord (Noordskool) se o.13B-netbalspan het die seisoen gewys wie’s baas toe hulle onlangs as die Gauteng-Wes-wenners weggestap het na hul laaste wedstryd by Laerskool Dagbreek in Carletonville.
Hulle het teen skole soos Laerskool Muldersdrif, Laerskool Randfontein, Laerskool Millennium Primary, Laerskool Gerrit Maritz en Laerskool Jongspan te staan gekom.

Voor: Chrystal Bothma, Kaylean van Rooyen, Charné Froneman, Miné Meyer en Kylie Burger.
Volgens Charné Froneman, o.13B-netbalafrigter het hulle strawwe kompetisie gehad, maar het as ‘n span saamgewerk en deurgedruk.
“My dogters het baie karakter gewys, en ek is baie trots op hulle. Hulle is sowaar hotter as botter,” het sy vertel.
Noordskool is baie trots op hulle netbaldogters en sien reeds uit na die volgende seisoen.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!
