Twee leerders maak Noordheuwel trots
Baie geluk aan Conrad en Monica, julle maak julle skool en gemeenskap trots!
Twee leerders van Hoërskool Noordheuwel het onlangs merkwaardige prestasies behaal.
Nories se krieketheld, Conrad van Dyk, is onlangs uitgenooi om saam met Krieket Suid-Afrika se o.17’s tydens ‘n kamp in Potchefstroom te oefen. Hy is ook tydens die oefensessie as veldwerker van die dag aangewys.
Graad 10-leerder Monica Coetzee is genooi na Harvard Universiteit se Pre-College Summer Programme. Sy het deel uitgemaak van die program se Inspire- loodsprojek wat vanjaar afskop.
Hierdie streng akademiese program gaan gepaard met verskeie buitekurrikulêre aktiwiteite wat spesiaal ontwerp is om leerders ‘n voorsmakie van die Harvard-ervaring te gee. Die deelnemers het die geleentheid gekry om in ‘n Harvard-koshuis te bly, in ‘n Harvard-eetsaal te eet en klas te loop.
Baie geluk aan Conrad en Monica, julle maak julle skool en gemeenskap trots!
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!
