Monnas-netbal op pad na SA’s
Dit is ‘n besonderse prestasie vir Monnas omdat slegs een van hul spanne verlede jaar gekwalifiseer het vir dié kampioenskappe.
Woorde soos ‘opgee’ of ‘oorgee’ bestaan nie in die woordeboek van Hoërskool Monument (Monnas) nie aangesien hulle vanjaar spog met ‘n totaal van drie netbalspanne wat kwalifiseer vir die SA Skolekampioenskappe.
Dit is hoe die onderskeie spanne gevaar het tydens die Gauteng Skolekampioenskappe:
o.14A – derde in Gauteng
o.16A – vyfde in Gauteng
o.17A – vyfde in Gauteng
Dit is ‘n besonderse prestasie vir Monnas omdat slegs een van hul spanne verlede jaar gekwalifiseer het vir dié kampioenskappe wat van 4 tot 6 Augustus by Hoërskool Dr EG Jansen in Boksburg gaan plaasvind.
Die o.15A-nebalspan kwalifiseer egter vir die Kay Motsepe Kampioenskappe wat ook van 4 tot 6 Augustus by Laerskool Concordia in Boksburg gaan plaasvind.
Monnas is baie trots op hul netbaldogters en glo dat hulle baie goed sal vaar tydens die kampioenskappe.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!
