Monnas se gewigstootsensasie beïndruk weer
Op Sondag 9 Julie het hy nie net eerste plek verower nie, maar hy het weereens die rekord gebreek vir sy ouderdomsgroep toe hy ‘n ongelooflike afstand van 20.08 meter behaal het.
Hoërskool Monument spog weer met hul gewigstootsensasie, Kayle Blignaut nadat hy met goud weggestap het tydens die onlangse Afrika Junior Atletiekkampioenskappe in Algerië.
Op Sondag 9 Julie het hy nie net eerste plek verower nie, maar hy het weereens die rekord in sy ouderdomsgroep geslaan toe hy ‘n ongelooflike afstand van 20,08 meter behaal het.
Lees verder: Gewigstoot- en diskusakademie maak opslae
Volgens Pierre Blignaut, Kayle se gewigstootafrigter, berei hy al die afgelope nege maande voor en kwalifiseer reeds vir volgende jaar se o.20 Wêreld Junior Atletiekkampioenskappe.

Aangesien Kayle vroeër vanjaar tydens die SA Skole Kampioenskappe as die beste veldatleet aangewys is, het Pierre volle vertroue in hom dat hy nog meer gaan bereik.
“Vir my is hy net dié beste gewigstootatleet. Hy oefen werklik baie hard en ek glo dat hy ons net nog meer trots sal kan maak,” het Pierre vertel.
Lees meer: Sy gooi, en stoot, die verste
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!
