Editor's choiceSchool sportSport

Noordskool-netbalspeler blink uit

“Ek beskou dit as ‘n groot voorreg om my skool te kan verteenwoordig.”

Laerskool Krugersdorp-Noord is trots om te kan sê dat een van hulle top netbalspelers, Chané de

Jager vanjaar Gauteng-kleure vir netbal verwerf het.

Sy het bo bykans 180 hoopvolle spelers uitgeblink tydens die uitdunne wat by Hoërskool EG Jansen gehou is en is gekies om deel van die Gauteng Delta o.12-span te wees.

Haar span was deel van die Gauteng Schools Netball Squads wat aan die SA Schools Netball – All Ages-toernooi deelgeneem het.

Die toernooi het oor vyf dae gestrek en die dogters moes elke oggend 5vm opstaan en 6vm aanmeld.

Na elke wedstryd het die spanne bymekaargekom om hulle strategieë te bespreek. Hulle het 57 rondtes tydens die toernooi gespeel en Gauteng Delta het vyfde uit 21 spanne geëindig.

“Ek is baie lief vir sport,” het Chané gesê. “Ek beskou dit as ‘n groot voorreg om my skool te kan verteenwoordig.”

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes: 

Randfontein Herald

Roodepoort Record

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button