Editor's choiceSchool sportSport

Plaaslike judoka beïndruk weer

Tydens die kampioenskappe het dié judosensasie het aan drie kategorieë deelgeneem, naamlik kata, individuele gevegte en spangevegte.

Tydens winterskoolvakansie het een van Hoërskool Bastion se Graad 9-leerders, Ferdinand van den Heever, weereens beïndruk toe hy by die Suid-Afrikaanse Judo Kampioenskappe puik gevaar het.

Dié judosensasie het aan drie kategorieë deelgeneem, naamlik kata, individuele gevegte en spangevegte. Vir kata en spangeveg het Ferdinand silwermedaljes ontvang en het in die individuele gevegte die sesde plek behaal.

“Dit was vir my baie lekker om weer deel te wees van hierdie kampioenskappe. Ek is reeds hard aan die oefen om te kan kwalifiseer vir volgende jaar se kampioenskappe,” het hy vertel.

Hierdie was die vierde agtereenvolgende jaar dat hy deel was van die SA Judospan. Op 25 Augustus gaan Ferdinand Oos-Londen toe om aan die Nasionale Ranglys-byeenkoms deel te neem.

“Ek gaan aan die individuele gevegte deelneem. Die kompetisie gaan daaroor om ons punte vir 2018 op te bou, en dien ook as uitdunne vir die oefenkamp wat in Januarie in Bloemfontein gaan plaasvind,” het hy vertel.

Bastion is trots op Ferdinand se uitsonderlike prestasies en sien daarna uit om sy pad vorentoe dop te hou.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at northsider@caxton.co.za  (remember to include your contact details) or phone us on 011 955 1130.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites 

Roodepoort Record

Randfontein Herald

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button