Kennies se Swart Masjien skrik vir niks
Tydens die Swart Masjien se geleentheid om hulself in Pretoria te bewys, is Laerskool Van Riebeeckpark, Laerskool Jan van Riebeeck en Laerskool Florida behoorlik gewys wie's baas.
Op Saterdag, 2 September het Laerskool Kenmare se o.13A-rugbyspan, ook bekend as die Swart Masjien, drie ander skole se spanne behoorlik gas gegee toe hulle getriomfeer het tydens die uitspeelrondte van Rugby Ramme – kykNET se nasionale kampioenskappe vir o.9- en o.13A-rugbyspanne.
Dit is die eerste keer dat so ‘n kompetisie in Suid-Afrika gehou en ook op televisie uitgesaai word. Voordat die beker op 30 September toegeken gaan word, word daar eers ses landswye uitspeelrondte gehou om die top ses spanne te bepaal.
Tydens die Swart Masjien se geleentheid om hulself in Pretoria te bewys, is Laerskool Van Riebeeckpark, Laerskool Jan van Riebeeck en Laerskool Florida behoorlik gewys wie’s baas.
Die uitslae is soos volg:
• Van Riebeeckpark 0–43 Kenmare
• Jan van Riebeeck 1–41 Kenmare
• Florida 0–40 Kenmare
Afrigters Berné Grobler en Peter du Toir is saam met die skool trots op die seuns se puik prestasies en hou ook duim vas vir die finale wedstryde wat nog moet plaasvind.
Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at krugersdorpnews@caxton.co.za or phone us on 011 955 1130.
For free daily local news on the West Rand, also visit our sister websites:
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!
