Monnas spog met groot getal bobaas-krieketseuns
Gedurende die week sit hulle ure en ure se harde werk in.
Hoërskool Monument spog vanjaar met ‘n uitmuntende totaal van 13 krieketspelers wat die Gauteng-Wes-streekspan gehaal het.
Monnas se kriekethoof, George Engelbrecht glo dié seuns is sowaar “second to none”.

Foto ingestuur.
“Gedurende die week sit hulle ure en ure se harde werk in. Sodoende lewer hulle naweek na naweek net goeie resultate vir hul skool,” het George vertel.
Die volgende seuns is gekies vir die o.19 Gauteng-Wes-streekspan:
• Bradford Hees
• Duanne Grobler
• Ethan Klassen
• Dylan Lues
• Diederik Botha
• Juann de Waal
Die volgende seuns is gekies vir die o.15 Gauteng-Wes-streekspan:
• Rickert van der Linde
• Owen Klassen
• Zayne Human
• Jaco Bezuidenhout
• Goitse Tsimakwane
• Ethan Snyman
• Marno Portgieter
Die skool is saam met George trots op dié seuns se prestasies en glo hulle sal goed vaar in hul onderskeie spanne.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!
