Editor's choiceSchool sportSport

Kenmare-krieketspan bly bobaas op tuisveld

Die hoofligte was egter op 'n Graad 7-leerder wat gedurende die wedstryd daarin geslaag het om 'n uitmuntende totaal van 132 lopies vir 78 balle aan te teken.

Op Dinsdag, 5 September het Laerskool Kenmare se eerstekrieketspan behoorlik uitgehaal en gewys toe hulle die span van Entuthukweni Primary School met ‘n uitsonderlike 111 lopies geklop het.

Dié ligawedstryd het by Kenmare plaasgevind, en die spelers het alles uitgehaal om te verseker dat hulle die helde van hul tuisveld bly.

Die kollig was egter op Divan Spangenberg, ‘n Graad 7-leerder wat daarin geslaag het om ‘n uitmuntende 132 lopies van 78 balle aan te teken.

Al was die kompetisie straf het die seuns as ‘n span saamgestaan en hul beste gegee.

Afrigters Berné Grobler en Peter du Toit is saam met die skool trots op dié span se uitsonderlike prestasie en glo dat daar nog baie meer van hulle gesien gaan word.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes: 

Randfontein Herald

Roodepoort Record

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button