Monnas-fietsryers presteer by Tour de Blieng
Die top SA-skole neem al vir meer as 10 jaar aan dié kompetisie deel en alhoewel dit nou maar die vierde jaar is dat Hoërskool Monument (Monnas) daaraan deelneem, het hulle algeheel vierde uit 78 skole geëindig.
Op Saterdag, 16 September het ‘n rekordgetal van 920 bergfietsryers van 78 skole aan die Tour de Blieng by St Stithians College in Bryanston deelgeneem.
Die top SA-skole neem al vir meer as 10 jaar aan dié kompetisie deel en alhoewel dit nou maar die vierde jaar is dat Hoërskool Monument (Monnas) daaraan deelneem, het hulle algeheel vierde uit 78 skole geëindig.
Monnas se afrigter, Tania Kelfkens het vertel dat alhoewel dit een van die moeilikste kompetisies tot dusver was, het die Monnas-bergfietsryers besonderse uithouvermoë getoon en uitstekend gevaar.
“Ek is so trots op my span. Hulle delf altyd ‘n bietjie dieper, oefen met ‘n doel en stel baie hoë standaarde vir hulself. Ek is veral trots omdat hulle altyd nederig bly, maak nie saak wát hulle bereik nie,” het Tania bygevoeg.
Keagan Bontekoning was die groot uitblinker toe hy vir die derde agtereenvolgende keer die gouemedalje in die afdeling vir junior seuns verower het.
Sarah Hall het die silwermedalje in die afdeling vir junior dogters verower, terwyl John-Dean de Villiers weereens ‘n podiumplek vir die algehele vierde plek losgery het.
Met hierdie prestasies kwalifiseer tien Monnas-bergfietsryers om aan die nasionale kampioenskappe deel te neem wat van 6 tot 8 Oktober plaasvind.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!
