School sportSport

Noordskool-ruiters vaar goed by nasionale kampioenskap

Marné Lombaard en Caitlin Jordaan het vanjaar naam gemaak in die perdrywêreld en het reeds op 'n jong ouderdom uitstekend gevaar.

Noordskool se eie Marné Lombaard en Caitlin Jordaan is nog net 12 jaar oud en vaar alreeds goed in die kompeterende perdrysport.

Marné ry al so vyf jaar lank, en het twee jaar gelede aan kompetisies begin deelneem. Sy is ‘n lid van die Purpose Equestrian Centre en is as ruiter geregistreer by South African Show Jumping. Vanjaar het sy vir ‘n tweede keer aan die South African National Equestrain Schools Association-(SANESA-) kompetisie deelgeneem en deurgedring na die nasionale kampioenskap vir Working Riding. In hierdie dissipline moet ‘n perd en sy ruiter hindernisse deurwerk en deurgaans goeie gedrag en temperament ten toon stel. By die SA’s het Marné ‘n algehele 19de plek uit 40 ruiters gekry, maar het dieselfde puntetotaal as ‘n aantal ander ruiters gehad. By die South African Show Jumping-byeenkoms het sy en Oreo ‘n hoogte van 80cm gehaal, wat haar die 41ste plek op die Suid-Afrikaanse ranglys besorg het.

Caitlin het ook uitstekend gevaar, en tydens die nasionale kampioenskap ‘n algehele vierde plek in die 40cm ideale tyd-afdeling, en ‘n agtste plek vir die vinnigste tyd in die 40cm-afdeling behaal. Sy is tans ‘n lid van die God’s Purpose Equestrian-klub en werk hard om haar beste te bereik in die kompetisies wat nog voorlê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button