School sportSport

Kennies-seuns haal Leeus-krieketspan

Vier seuns van Laerskool Kenmare gaan binnekort hul skool by die Gauteng Leeus verteenwoordig.

Vier Kennies-seuns sal hierdie jaar op die veld uitdraf vir die Sentraal-Gauteng Leeus na maande se strawwe wedstryde teen ander skole se spanne en taai proewe.

André van Niekerk, Sage Pretorius en Corné Botha is gekies vir die Leeus o.12-span, en Divan Bosman is vir die o.13-span gekies.

Aan die einde van die Gauteng-Wes Week is daar na al die statistieke gekyk, en ‘n klompie spelers is hieruit gekies vir die proewe. In die eerste rondte het hulle deelgeneem aan ‘n fisiese fiksheidsessie om hul uithouvermoë en krag te toets.

Rondte twee was ‘n veldwerksessie met die kolf en boulwerk. Met rondte drie moes die drie groepe teen mekaar speel. Daarna is die vier Kennies in hul spanne geplaas.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button