School sportSport
Kennies vat Heldekruin aan gedurende vriendskaplike byeenkoms
Die atletiekseisoen is volstoom aan die gang en Laerskool Kenmare het die eerste van verskeie vriendskaplike byeenkomste gehou om hul atlete voor te berei.
Skole-atletiek is volstoom aan die gang, en atlete is hard aan die oefen vir die groot byeenkomste. As deel van hul voorbereiding het Laerskool Kenmare en Laerskool Helderkruin op 4 Februarie ‘n vriendskaplike byeenkoms op Kennies se tuisveld gehou.

Die deelnemers aan die hekkies, naellope, gewigstoot, en hoog- en verspring het die vaardigheid en tegniek van veel ouer atlete getoon. Selfs die striemende hitte kon nie die leerders van stryk bring nie.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
