School sportSport
Mullies-atlete oppad na hierdie naweek se Gauteng Kampioenskappe
Ses van Laerskool Muldersdrif se atlete gaan binnekort hul skool by die Gauteng Kampioenskappe verteenwoordig.
Laerskool Muldersdrif spog met ses van hul atlete wat aan die Gauteng Atletiekkampioenskappe gaan deelneem.
Die ses leerders gaan vandag, 13 Maart en môre, 14 Maart aan verskeie items deelneem.
Ivan Oosthuizen en Bianca Weydeman sal aan die 70 meter hekkies deelneem. Zeevah Pocock gaan aan die hoogspring deelneem en Duwan Weydeman aan die 150 meter naellope.
Jan-Hendrik Heymans gaan spiesgooi en Marno Bouwer sal aan die 1 200 meter en die verspring deelneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
