Skouspelagtige netbal was aan die orde van die dag tydens Noordheuwel Netbalklub en hul Panthers-spanne se onlangse Mini World’s-netbaltoernooi.
Junior- en seniorspanne het aan die toernooi deelgeneem en volgens Sanet Prinsloo van die klub het hulle die dag aangebied vir die liefde van die sport en om almal bietjie saam te bring op die netbalbane.
Spanne van Curro Protea Glen, Randfontein Primary School asook vier van die Panthers se sosialespanne en spanne van ander klubs was betrokke.
Wat wenners op die dag aanbetref het ‘n Panther-span beide die junior en o13-kategorieë gewen terwyl Randfontein Primary (ook bekend as Botswana) en ‘n Brasiliaanse-sosialespan koning gekraai in die o10- en senior-kategorieë onderskeidelik.
Daar is ook vier van die Panthers se netbalspelers wat gekies is om aan die Bokkie Week te gaan deelneem. Hulle is Zané Jansen van Vuuren, Lizandi Haman, Tamika van der Linde, Nadia Fourie en Antionette de beer.
Die Noordheuwel Netbalklub is nie-winsgewend en spelers van 6 tot 50 jaar is welkom om by hulle aan te sluit. Die klub het junior-, tiener-, sosiale- en senior ligaspanne.
• Navrae: Skakel gerus vir Sanet by 079 492 9493.