Sport
Mullies wys hul staal op atletiekveld
Mullies se atlete is witwarm hierdie seisoen en is verskeie persoonlike beste afstande en tye bereik.
Meer as 20 atlete van Laerskool Muldersdrif, inlsuitend vier van hul aflosspanne, het gekwalifiseer om onlangs aan die Gauteng Kampioenskappe in Boksburg deel te neem.
Volgens Mullies se atletiek-organiseerder Elra Blacquiere werk hul atlete besonders hard hierdie seisoen en ‘pak elke byeenkoms aan met oorgawe’.
Boonop het 32 atlete van Mullies aan 46 items deelgeneem tydens die D2 atletiekkampioenskappe.
“Verskeie persoonlike beste afstande en tye is bereik tydens die kampioenskappe. Ons is trots op elke Mullie!” het Elra afgesluit.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.