Sport

Noordskool maak rugbygeskiedenis

Nories spog met vier o12-rugbyspeles wat binnekort vir die Goue Leeus-span gaan uitdraf.

Laerskool Krugersdorp-Noord is trots op vier leerders wat gekies is vir die Goue Leeus o12-span.

Volgens Noordskool se departementshoof Wessels Lötter, is Hannu Nel, Ruben Kruger, Zander Oosthuizen en Jacques Rossouw geskies vir die span.

Wessel het bygevoeg, “Om in die span te kom, het hulle aan ‘n reeks proewe deelgeneem tussen April en einde Mei. Die seuns gaan dus dié naweek [15 Junie] in Klerksdorp aan die o12-provinsiale toernooi deelneem teen ander unies – onder andere die Griffons.

“Ons is baie trots op die spelers. Dit is die eerste keer wat vier Nories die Goue Leeus gaan verteenwoordig.”

Back to top button