Sport

Agtjarige naelloper breek rekords

Agtjarige verbeter rekord in die 80m naellope vir seuns o9 tydens Atletiek Suid-Afrika se Sub-Youth Championships in Bloemfontein.

Aiden Andrews van Noordheuwel is besig om groot naam te maak op die atletiekbaan.

Die jong ster-naelloper het juis onlangs aan die Atletiek Suid-Afrika (ASA) se Sub-Youth Championships in Bloemfontein deelgeneem en drie medaljes ingepalm waarvan twee goud en een silwer is.

Verder het hy ook die rekord verbeter in die 80m vir seuns o9 na 10.77 sekondes. Die rekord was 10.90 sekondes.

Die twee goue medaljes is behaal in beide die 60m en 80m vir seuns o9 en die silwer medalje in die 60m gemengde aflos-item.

Aiden se ouma, Rita Andrews, asook die res van die familie is geweldig trots op die jong man en het hy ‘n blink toekoms in die sport.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button