Sport

Vuyo, Ricardo en Jared nou professionele boksers

Drie plaaslike boksers het onlangs professionele status bereik.

Vuyo Radebe, Ricardo du Plessis en Jared Hensberg pluk die vrugte van hul harde werk en is nou professionele boksers.

Die drie passievolle boksers se loopbane het posgevat juis nadat hulle tydens die Bokskamp Booysens-toernooi presteer het.

“Ons het as amateurs begin en ondervinding opgedoen. Vandag het ons professionele status bereik,” spog Ricardo.

Hy sê verder dat die harde werk in die kryt net begin en dit sluit in die bou van ‘n naam en die wen van ‘n ringtitel – dit is ons almal se droom.

Ricardo het bygevoeg dat hulle ses dae per week oefen en nou sterker as ooit is.

“Ons wil ’n suksesvolle boksloopbaan hê en ’n goeie voorbeeld vir ander stel.”

Ricardo sê verder dat hulle uiters geseënd en dankbaar is vir die Here se genade.

“As ‘n span het ons in mekaar geglo en mekaar opgebou. Enigeen kan hul drome bereik as hulle hard genoeg werk,” het hy afgesluit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button