Van ‘n Wit Bul met horings na ‘n Haai met ‘n vin en ‘n Leeu met kloue – tot ‘n Junior Springbok wat pronk.
Twee voormalige Hoërskool Monument (Monnas) leerders maak ná skool naam in die rugbywêreld.
Volgens Monnas se rugbyhoof, Wynand Moolman, het Ceano Everson en Morné Venter (wie se pa ook ‘n oud-Monumentaar is) in 2022 gematrikuleer.
Ceano, wat skrumskakel speel, het ‘n kontrak by die Haaie gekry, terwyl Morné, wat as slot speel, by die Goue Leeus aangesluit het as o19-spelers. Intussen is hulle ook as Junior Springbokke gekies.
Hy het bygevoeg dat hulle ook deel van die span was toe Monnas die Noordvaal-beker in 2022 gewen het.
“Ons is vreeslik trots op die twee oud-Monumentare,” het Wynand afgesluit.
