Local sportSport

Goud waar jy kyk vir para-atleet Arno

Plaaslike para-atleet Arno Graaff ryg drie goue medaljes in tydens die Nasionale Kampioenskappe.

Die plaaslike para-atleet, Arno Graaff, het naam gemaak deur drie goue medaljes in te palm tydens die South African Sports Association for Physically Disabled (SASAPD) Nasionale Kampioenskappe wat onlangs in die Oos-Kaap plaasgevind het.

• Also read: Gauteng Sports Awards: Arno, Tatjana and Simoné make us proud

Die Krugersdorp News het al vantevore verslag gedoen oor Arno se indrukwekkende atletiekprestasies, ten spyte van die feit dat hy aan Ulna Dimelia ly – ’n toestand waarin hy sonder ’n radius in sy hand gebore is.

Sy ma, Esmé Graaff, het vertel dat Arno van 30 Maart tot 1 April aan die nasionale kampioenskappe deelgeneem het, wat vanjaar in Gqeberha aangebied is.

Arno Graaff in aksie. Foto: Martin Potgieter.

Sy het verder verduidelik dat Arno in drie items deelgeneem en goud verwerf het: Gewigstoot (11.37 m), diskus (34.21 m) en spiesgooi (41.68 m).

Esmé het trots afgesluit dat Arno, benewens sy indiwiduele suksesse, ook deel was van die Gauteng-provinsiale span wat algeheel eerste geëindig het in beide die junior- en seniorafdelings.

Arno Graaff en sy afrigter, Anri Vermaas by die nasionale kampioenskappe.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button