Local sportSport

Rugbyklub vir ‘toppies’: Antonio stel homself voor

Toe knie- en enkelbeserings sy rugbyloopbaan tot stilstand bring, het Antonio Fourie eenvoudig weer opgestaan – rugby is immers in sy bloed.

Die Golden Eagles Oldies Rugbyklub (GEORK) is ’n passievolle groep spelers wat hul rugby baie ernstig opneem – selfs al is sommige van hulle al 60 jaar oud, of ouer.

• Lees ook: ‘n Rugbklub net vir die ‘toppies’

Een van die jonger spelers, Antonio Fourie (28), wat beide binne- en buitesenter kan speel, het onlangs met die Krugersdorp News gesels oor die klub en sy liefde vir die spel.

Antonio het reeds op die ouderdom van ses sy rugbyloopbaan begin.

“Ek het al voorheen vir die Harlequins en Khosa-klubs gespeel totdat ek ’n ernstige knie- en enkelbesering opgedoen het. Maar dit het my nie ondergekry nie – ek het weer begin speel, juis oor my liefde vir rugby en kontaksport,” het hy verduidelik.

My gunsteling deel van rugby is om kontak te maak én te vat. Ek hou daarvan om die spel regtig te voel, en om net my beste te gee,” het Antonio bygevoeg.

Hy het verder vertel dat, hoewel hy nie meer so gereeld oefen soos vroeër nie, hy so aktief as moontlik bly deur tyd in die gimnasium deur te bring en aksiekrieket te speel.

Antonio Fourie en sy seun, Francois.

Antonio moedig ander sportliefhebbers aan om nooit op te hou speel of deelneem nie – ongeag watter probleme of beserings hulle ervaar, veral wanneer dit by rugby kom.

Oor GEORK sê hy dis ’n unieke klub vol respek.

“Ek wil graag rugby speel solank as wat die Here my spaar – of tot ek altwee my bene verloor,” het hy grappend gesê.

As ek enigiets kan sê, dan is dit dat jy nooit op jou drome moet opgee nie. Hou aan glo, vertrou en droom – drome word inderdaad waar,” het hy afgesluit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button