Local sportSport

Toernooi vir o13’s wys toekoms van rugby is blink

Die Goue Leeus, Blou Bulle en Griffons was van die spanne wat in aksie was tydens ’n rugbytoernooi by Hoërskool Noordheuwel, as voorbereiding vir die o.13-Cravenweek.

Verskeie provinsies het hul merk gelaat tydens vanjaar se Thys Bezuidenhout Interprovinsiale Rugbytoernooi vir o13’s.

Die toernooi het op 6 en 7 Junie op Hoërskool Noordheuwel se gronde plaasgevind het, ter voorbereiding van die Cravenweek wat einde Junie plaasvind. Die spanne wat deelgeneem het, sluit in die Goue Leeus, Blou Bulle, Limpopo Bulle, Valke, Griffons en Pumas.

• Lees ook: ‘n Rugbklub net vir die ‘toppies’

“Elke span (A en B) het twee wedstryde gespeel. Daar was ’n totaal van 16 kragmetings,” het voorsitter van die Goue Leeus Laerskole Rugbyunie, Donna Lourens gesê.

Volgens Lourens was die hoogtepunt van die toernooi die o13-Goue Leeus se spoggerige 29–5-oorwinning teen die Griffons op 6 Junie. Hulle het ongelukkig die dag daarna 27–12 vasgeval teen die Vrystaat in die hoofwedstryd.

“Dit was ’n groot trots en eer dat o13-provinsiale rugbyspanne, administrateurs, afrigters, skeidsregters, ouers en elke individu wat bygedra het, deel was van hierdie uitsonderlike geleentheid.

Khumo Gaanabo in aksie. Foto: Sulette Bothma Photography.

“Rugby is veel meer as net ’n spel. Dit is ’n kragtige weerspieëling van die lewe self. Dit vereis dat ons uitdagings aanpak, groei omarm, deur moeilike tye volhard en saamwerk met die mense rondom ons.

Op die veld, soos in die lewe, word ware sukses nie alleen behaal nie. Dit word gebou deur gesamentlike pogings, onwrikbare toewyding, die vermoë om uit terugslae te leer, en die dryfkrag om van krag tot krag te groei.

“Rugby bied nie net die geleentheid om te kompeteer nie, maar ook om te groei, om sterker, veerkragtiger en meer verbind te word deur elke toets wat dit bied,” het hy gesê.

“Laastens rig ons ons opregte dank aan ons plaaslike borge, wie se ruim ondersteuning die rugbyseisoen moontlik gemaak het,” het hy afgesluit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button