School sportSport

Krugersdorp-derby: Alles op die spel vir Witbulle en Blues

Alles is gereed vir ’n plaaslike rugbystryd met groot belange wanneer die Witbulle en Blues vanmiddag om ’n plek in die Noordvaal Beker-finaal meeding.

Die tafel is gedek vir ’n groot Krugersdorp-rugbykragmeting wanneer twee van die dorp se voorste rugbyskole vanmiddag, 18 Augustus, sake uitspook om ’n plek in die Noordvaal Beker-finaal te verseker.

Hoërskool Monument se Witbulle en Hoërskool Noordheuwel se Blues skop om 16:00 af op die Ras van Rooyen-veld by Monnas in die Noordvaal Beker se halfeindstryd. In Mei het die Witbulle met 41–15 geseëvier.

• LEES OOK: Monnas wen Krugersdorp-derby

Die twee skole se o15- en o16-spanne het reeds op 15 Augustus in hul onderskeie halfeindstryde kragte gemeet.

Monnas en Nories se o15-spanne het gelykop gespee met 15 punte. Monnas se o16-span het teen Helpmekaar College te staan gekom en met 34–27 geseëvier. Die Krugersdorp News sal later ’n volledige berig oor die o15- en o16-wedstryde publiseer.

Volgens Monnas se bemarker, Belinda du Toit, sien die skool veral uit na topgehalte skolerugby, ’n spannende wedstryd en, bo alles, goeie sportmanskap wanneer die Witbulle en Blues kragte meet.

“Ons sien daarna uit om die talent, passie en toewyding van die spelers op die veld te beleef en saam met die gemeenskap ’n onvergeetlike rugbydag te geniet.

Vandag is ’n groot en bepalende dag in die Virseker Noordvaal Beker-afdeling.

“Aangesien dit ’n kragmeting tussen twee Krugersdorp-skole is, is dit ook ’n besondere gebeurtenis vir ons gemeenskap as geheel.”

Nories se gelukbringer tydens die derby.

Sy het gesê die ondersteuning van die gemeenskap skep ’n sterk gevoel van samehorigheid en gee die rugbyspelers ekstra motivering en aanmoediging.

“Ons spelers geniet dit om voor ’n vol pawiljoen te speel, en daarom nooi ons die hele gemeenskap uit om die spanne te kom ondersteun en saam hierdie belangrike dag te beleef,” het sy gesê.

Du Toit het bygevoeg dat die skool opgewonde is oor die spelers en afrigters wat die afgelope tyd baie tyd, harde werk en toewyding aan hul voorbereiding vir die halfeindstryd bestee het.

“Ons wens hulle alle sterkte toe en vertrou dat hulle hul beste sal gee.

Ons weet dat dit ’n besonderse wedstryd gaan wees en dat rugby uiteindelik sal seëvier,” het sy afgesluit.

Die Wit Bulle se gelukbringer by die derby.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Heinrich Greyling

Heinrich Greyling is a LLB student, which gives him an eye in fairness towards everything he writes about, with a passion of uncovering the truth. If the relevant information is available, he is willing to help anybody, with a keen interest in hard, crime, entertainment, municipal, human interest and automotive journalism. He is a journalist who is willing to write about anything, no matter the controversy or risks involved.
Back to top button