Local sport

Arno wen drie goue medaljes en verbeter SA-rekord

Die jong ster maak opslae nadat hy drie goue medaljes en ’n nuwe SA-rekord by die SASAPD Nasionale Kampioenskappe verower het.

Die plaaslike para-atleet, Arno Graaff, maak steeds naam op nasionale vlak nadat hy drie goue medaljes verower het tydens die South African Sports Association for Physically Disabled (SASAPD) Nasionale Kampioenskappe.

Die kampioenskappe het van 31 Maart tot 1 April in Stellenbosch plaasgevind.

Volgens sy ma, Esme, het die Gauteng-span ook die topposisie in beide die junior en senior afdelings behaal.

Arno Graaff gooi spies. Foto ingestuur

Arno het goud in die o.20-afdeling verower in die volgende items:

• Gewigstoot met ’n afstand van 12.01m
• Spiesgooi met ’n afstand van 42.38m
• Diskus met ’n afstand van 36.52m, wat ook ’n nuwe Suid-Afrikaanse rekord is.

Lees ook: Juan-Marié domineer Hyrox Kaapstad

Arno Graaff het drie goue medaljes behaal op nasionale vlak. Foto ingestuur

Vroeër in Maart het Arno ook by die Central Gauteng Athletics (CGA) League Championships, wat by die Universiteit van Johannesburg (UJ) aangebied is, nuwe Suid-Afrikaanse rekords opgestel in:

• Spiesgooi met ’n afstand van 42.44m
• Gewigstoot met ’n afstand van 12.14m

Spiesgooi-afrigter, Wilhelm Pauer, en Arno Graaff. Foto ingestuur

“Arno is tans besig met sy eerste jaar by Akademie Reformatoriese Opleiding en Studies (Aros) en werk hard aan sy onderwysgraad,” het sy afgesluit.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Heinrich Greyling

Heinrich Greyling is a LLB student, which gives him an eye in fairness towards everything he writes about, with a passion of uncovering the truth. If the relevant information is available, he is willing to help anybody, with a keen interest in hard, crime, entertainment, municipal, human interest and automotive journalism. He is a journalist who is willing to write about anything, no matter the controversy or risks involved.
Back to top button