Local sport

Fondse vir 37 mishandelde kinders: CCCO hou gholfdag en veiling

Die gemeenskap word uitgenooi om deel te neem aan CCCO se gholfdag en veiling om noodsaaklike fondse in te samel vir die 37 kinders in hul sorg.

Cross Connect Community Outreach (CCCO), wat daagliks na 37 mishandelde kinders omsien, dra die gewig van enorme maandelikse uitgawes en doen ’n beroep op die gemeenskap om hul gholfdag by die Krugersdorp Gholfbaan hierdie Donderdag, April 16, te ondersteun.

Hul vorige gholfdag is op 18 November gehou, en volgens ontwikkelingsdirekteur Nicole Tolman is die dag gebruik om fondse vir die kinders in te samel. Sy sê hulle streef daarna om dit as ’n jaarlikse hoogtepunt op hul kalender te vestig.

Kyle en Nicole Tolman by verlede jaar se gholfdag. Argieffoto

“Fondsinsamelings soos hierdie maak die daaglikse funksionering moontlik – van kos en terapeute tot mediese kostes,” het sy tydens die vorige gholfdag verduidelik.

Die gholfdag sal ook met ’n veiling aan die einde van die dag plaasvind. Sy nooi die gemeenskap hartlik uit om deel te neem.

Lees ook: Gholfdag bring hoop en hulp vir 11-jarige kankerlyer Nathan

Daar is nog ’n paar putjies beskikbaar vir borgskappe, asook plek vir spelers teen R4 500 per vierbal. Sy moedig ook plaaslike besighede aan om betrokke te raak. Belangstellendes kan Nicole kontak by 074 171 3736.

Registrasie begin om 09:30 en afslaan is om 10:30, met prysuitdeling om 18:00. Die borg van ’n putjie kos R2 000.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Heinrich Greyling

Heinrich Greyling is a LLB student, which gives him an eye in fairness towards everything he writes about, with a passion of uncovering the truth. If the relevant information is available, he is willing to help anybody, with a keen interest in hard, crime, entertainment, municipal, human interest and automotive journalism. He is a journalist who is willing to write about anything, no matter the controversy or risks involved.
Back to top button