Local sport

Van verlies na hoop: Jan kry tweede kans met prostetiese been

Met die steun van sy gemeenskap is Jan vasbeslote om weer op topvlak mee te ding.

’n Klein seer plek op Jan Swiegers (68) se toon het sy lewe ingrypend verander en uiteindelik daartoe gelei dat sy been geamputeer moes word.

Jan, ’n lid van die Krugersdorp Rolbalklub, ly aan diabetes. Die seer het vererger en op 17 November verlede jaar het hy sy been verloor. Hy speel sedert 2002 rolbal en sê die verlies het sy spel heeltemal verander.

Jan Swiegers in aksie. Foto ingestuur.

“Om net een been te hê, maak rolbal ’n heel ander styl, omdat mens nou moet sit in plaas van staan, wat baie moeiliker is,” vertel hy.

Hierdie uitdagings het egter onlangs begin verander toe die gemeenskap saamgespan het, saam met ’n nie-winsgewende organisasie (NWO), om fondse vir ’n prostetiese been in te samel. Die spesifieke been wat Jan benodig, kos R168 000, aangesien dit dubbele skarniere by die knie sowel as die enkel het. Hy sê hulle het gelukkig afslag op die prys ontvang.

Charl Beukes, ’n vrywilliger by Riding on a Limb, het verduidelik dat die organisasie gehelp het om fondse vir die prostese in te samel. Die NWO spesialiseer daarin om saam met vervaardigers te werk om prosteses vir parapleë te maak en fondse daarvoor in te samel. Hy voeg by dat hulle mense help om weer te loop sonder enige koste. In Jan se geval gaan hulle hom ook help om weer rolbal te speel.

Die fondse is reeds ingesamel en die been is aangekoop. Jan sal dit op 17 April vir die eerste keer pas en glo die prostetiese been gaan sy lewe verander.

Lees ook: Pride for Millies as three coaches make Lions cut

“Ek sal weer kan staan, loop en werk. Ek is baie opgewonde oor my nuwe been,” sê hy.

Nadat hy sy been verloor het, moes hy ophou om aan rolbaltoernooie deel te neem. Met sy nuwe prostese beoog hy egter om weer deel te neem, spesifiek aan die gestremde rolbal-nasionale kampioenskappe. Sy uiteindelike doel is om ’n Suid-Afrikaanse rolbalspeler te word.

“Ek is baie dankbaar teenoor almal wat ’n rol gespeel het in die fondsinsameling en wat bygedra het om vir my die prostetiese been moontlik te maak,” het Jan afgesluit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Heinrich Greyling

Heinrich Greyling is a LLB student, which gives him an eye in fairness towards everything he writes about, with a passion of uncovering the truth. If the relevant information is available, he is willing to help anybody, with a keen interest in hard, crime, entertainment, municipal, human interest and automotive journalism. He is a journalist who is willing to write about anything, no matter the controversy or risks involved.
Back to top button