Vossies se Interhuis suksesvol
Die Vossies het op 15 en 16 Januarie hul jaarlikse Interhuis atletiekbyeenkoms aangebied. Die Trojane, Spartane en Atheners het van die begin af alles gegee tydens die byeenkoms. Trofeë is verower deur die volgende atlete:
Die Vossies het op 15 en 16 Januarie hul jaarlikse Interhuis atletiekbyeenkoms aangebied. Die Trojane, Spartane en Atheners het van die begin af alles gegee tydens die byeenkoms. Trofeë is verower deur die volgende atlete:
Beste junior meisiesveldatleet
Ntabiseng Ramothwala (D 0/14) hoogspring 1,22m, 648 ABSA- punte
Beste junior seunsveldatleet
Niaan Taljaard (S 0/15) diskus 55.47m, 1185 ABSA – punte
Beste junior meisiesbaanatleet
Nielia Blignaut (D 0/15) 300m hekkies 52,58 sek, 554 ABSA-punte
Beste junior seunsbaanatleet
Melvin Maake (S 0/15) 200m 24,71 sek, 736 ABSA-punte
Beste senior meisiesveldatleet
Marli Burger (D 0/17) verspring 4,64m, 676 ABSA-punte
Beste senior seunsveldatleet
Tristin du Preez (S 0/16) diskus 42,42m, 802 ABSA-punte
Beste senior meisiesbaanatleet
Lara Schutte (D 0/16) 100m 13,36 sek, 708 ABSA-punte
Beste senior seunsbaanatleet
Sibusiso Mlangeni (S 0/19) 100m 11,04 sek, 816 ABSA-punte
Junior Victrix Ludorum
Nielia Blignaut (drie items) 1863 ABSA-punte
Junior Victor Ludorum
Niaan Taljaard (drie items) 2944 ABSA-punte
Senior Victrix Ludorum
Lara Schutte (drie items) 2083 ABSA-punte
Senior Victor Ludorum
Sibusiso Mlangeni (drie items) 2202 ABSA-punte
Rekords is verbeter deur die volgende atlete:
Lara Schutte (D 0/15) 100m 13.36 sek.
Diketso Manyama (D 0/16) verspring 5,11m
Niaan Taljaard (S 0/15) diskus 55,47m en gewigstoot (S 0/15) 17.38m
Die uitslae van die spanne was as volg:
1. Spartane 1224 punte
2. Trojane 1205 punte
3. Atheners 1122 punte
Die geesbeker is verower deur die Atheners.
Die Vossies bedank graag almal wat ‘n bydrae gelewer het tot die sukses van hierdie twee dae. Sterkte aan al die atlete met hul voorbereiding vir die atletiekseisoen.



