Editor's choiceLocal newsNews

Drie persone verkool in trok ongeluk

‘N TROKONGELUK het Maandagoggend die lewe van drie persone ge-eis op die George’s Valleypad, wat in digte mis gehul was, nadat twee trokke kort na mekaar die pas af is en hulle remme na bewering ingegee het.

Volgens die insleepdiens, Protow het ‘n bakkie in die pad gestaan nadat dit blykbaar onklaar geraak het.

‘n Ander motor het glo gestop om bystand te verleen.

‘n Trok, wat toiletpapier vervoer het, het die pas af gekom en dié se remme het glo ingegee. Die twee voertuie is getref en die trok is by die afgrond af.

Die trok het aan die brand geslaan en die drie insittendes het onherkenbaar verkool.

Nooddienste was vinnig op die toneel. Gedurende die reddings operasie is nog ‘n trok die pas af en die se remme het ook ingegee. Dit het ‘n kettingbotsing veroorsaak waarby agt voertuie betrokke was.

Volgens Lt kol Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie kan hulle bevestig dat drie persone dood is nadat die trok wat in die botsing betrokke was, aan die brand geslaan het.

Ngoepe het gesê een van die motors was voor die kettingbotsing in ‘n ongeluk betrokke. “Die nooddienste het onmiddellik reageer. Terwyl hulle op die toneel besig was, het ‘n ander trok teen ‘n baie hoë spoed
teen die eerste motor gebots, waarna die kettingbotsing gevolg het. Volgens Ngoepe was ambulanse en insleepvoertuie ook in die botsing betrokke. Ngoepe het gesê die polisie sal die aantal sterftes en beserings later bevestig.

“Ons doen ‘n beroep op motoriste om eerder die Magoebaskloof- of Mooketsiroetes te gebruik as hulle van Polokwane of Tzaneen af ry,” het Ngoepe gesê.

Daar is al verskeie vergaderings belê, waar daar telkemale gemaan is dat trokke liefs die Mooketsipad moet gebruik. Verskeie ongelukke het die afgelope ruk op die Magoebaskloofpas sowel as die Georges Valleypad plaasgevind, wat of lewensverlies gely het en/of ernstige beserings opgedoen is. Daar is in die verlede ook gevra dat die trokke van Polokwane af beheer moet word.

Tegnies gesproke mag trokke die Georges Valleypad gebruik, maar word hulle aangeraai om die Mooketsipad te gebruik. Die Georges Vallypad, wat bekend is vir ‘n gebied waar daar gereeld digte mis voorkom, is veral ook
gevaarlik omdat daar geen katoë aangebring is nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button