NewsSchools

Vossies hou naam hoog op Nelspruit

Die Hoërskool Ben Vorster se atletiekspan het op 24 Januarie aan 'n vriendskaplike atletiekbyeenkoms deelgeneem te die Hoërskool Nelspruit.

Die Hoërskool Ben Vorster se atletiekspan het op 24 Januarie aan ‘n vriendskaplike atletiekbyeenkoms deelgeneem te die Hoërskool Nelspruit.

Deelnemende skole was: Hoërskool Ligbron, Hoërskool Barberton, Afrikaans Hoër Meisieskool, Afrikaans Hoër Seunskool, Hoërskool Ben Vorster, Hoërskool Ben Viljoen en Lowveld High.

Die Vossie atlete het 10 goue, 13 silwer- en 11 bronsmedaljes verower.

Die volgende atlete het rekords verbeter:

Lara Schutte: D 0/16 400m, 61.82 sek

Carmen Botha: D 0/19 400m hekkies, 68.46 sek

Niaan Taljaard : S 0/15 gewigstoot 17.69m, diskus 52.96m

Die volgende Vossie altete het trofeë ontvang:

Christiaan Smit: S 0/14 verspring 5.48m, 932 ABSA-punte

Niaan Taljaard: S 0/15 skyfwerp 52.96m, 1091 ABSA – punte, S 0/15 gewigstoot 17.69m, 1116 ABSA – punte

Baie geluk aan al die atlete en afrigters. Die volgende byeenkoms is op Vrydag, 30 Januarie 2015, by die Hoërskool Ben Vorster. Die Tzaneen gemeenskap is baie welkom om die goeie atletiek saam met die Vossies te kom geniet. Die program sal om 14:00 afskop.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button