GalleriesSports galleries

HOEDSPRUIT: Klaseriedam bestuur sê dankie vir ‘n onvergeetlike fees

'n Onvergeetlike fees is die afgelope naweek gereël deur die Klaseriedam bestuur en die hulp van menigte borge en organisasies.

Die organiseerders wou dit vir feesgangers perfek maak en harde werk het vooraf plaasgevind.

Vir ‘n eerste fees wat dit baie suksesvol en die organiseerders sal dit volgende jaar weer doen.

Baie geluk aan Malcolm Meyer van Buco Acornhoek wat die algehele wenner was van die wors-eetkompetisie.

Hulle bedank graag die volgende instansies en mense wat die fees moontlik gemaak het:

Trophy en Distell het vir die mense genoeg sitplek en beskerming gegee teen die reën.

Verskeie items was te koop.

Dankie aan die Coca Cola trok vir wonderlike klank en musiek wat hulle gelewer het. Groot dankie aan Tokkie Goosen van Funland Produksies wat die mense vermaak het met boeresport, groot en klein het hulself geniet.

Kinyonga Reptiel Park het die Klaseriedam Fees besoek.

Dankie aan Donald van Kinyonga Reptile Park wat ‘n aanbieding gegee het oor slange en gedemonstreer het hoe om met verskillende soorte slange se persoonlikhede te werk.

Klaserie se werkers het gewys wat in hulle steek en was altyd op hulle pos, dankie aan Justic, Thembi, Anita, Eckson en Nkhenzani.

Feesgangers het nie honger of dors gelei nie.

Met die wors-eetkompetisie het die manne gehuil en gesweet.

Vodacom se Chat 4 You het dit die moeite werd gemaak met ‘n tablet ter waarde van R2 500 wat op die spel was.

Die algehele wenner van Mej Klaserie was Caitlin Strauss van Lowveld Accademy in Hoedspruit.

Dankie aan Bosveld Slaghuis wat die wors met ‘n byt, geborg het vir die wors-eet kompetisie.

Die manne het geswoeg en gesweet tydens die wors-eetkompetisie.

Baie geluk aan Malcolm Meyer van Buco Acornhoek wat die algehele wenner was.

Pieter by Medical Rescue het gewys hoekom dit belangrik is om ten alle tye die padreëls na te kom.

Vince, Selna en Anilize van Bosveld Slaghuis het die skoner geslag beoordeel vir Mej Klaserie.

Dit was ‘n baie moeilike taak met al die mooi dames wat van heinde en verre gekom het om deel te neem. Maar met die borgskap van OLIVE EN ROSE in Hoedspruit kon Mej Klaserie bederf word met ‘n pragtige bos blomme.

Deelnemers van Mej Klaserie.

Die algehele wenner was Caitlin Strauss van Lowveld Accademy in Hoedspruit.

Met die Vlotbou Kompetisie het die manne gewys dat daar ‘n boot uit enigiets gebou kan word en Johan van Hoedspruit Towing het dit die moeite werd gemaak

Brain, Cody en Oscar van Moholoholo het die Cheetah, genaamd Bullet en hulle arend Fees toe gebring, dit was ‘n wonderlike belewenis. Die mense is geleer dat die natuur diere se woning is en dat dit respekteer moet word.

Daar was iets van alles te vinde by die Fees.

Jana wat haar stokperdjie gedeel het en gewys het hoe lyk Hoedspruit uit die lug uit. Almal het dit opreg geniet.

Met die stalletjies wat gesorg het dat niemand honger of dors gaan nie, baie dankie vir die ondersteuning en hulle maak volgende jaar weer so by die Klaseriedam Fees. Pieter by Medical Rescue het gewys hoekom dit belangrik is om die padreëls na te kom en om ten alle tye sitplekgordels te dra. Hulle aanbieding het beslis baie mense se aandag getrek.

Bullet die Cheetah van Moholoholo was ook by die Fees.

As dit nie vir Pieter Naude, Andre G, Hunter en Charlene Olivier was nie, was daar nie ‘n fees nie, baie dankie aan die gaskunstenaars en Morula Lodge wat die gaste gehuisves het.

Oasis het gesorg dat hulle nie dors is terwyl hulle optree nie.

Moholoholo het ook ‘n arend by die Fees gehad.

Dankie aan al die borge en almal se bydrae tot die fees, hulle hulp word opreg waardeer.

Aan al die ander werkers, Natasja, Dennis, Charlotte, Chantelle, Marius, Caitlin, Malcolm, Jaco en Shirley wat al die pad van Johannesburg gekom het om te help, baie dankie.

En dan laaste maar nooit die minste, Oom Hannes baie dankie vir die terrein.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button