NewsSchool sportSchoolsSport

Gauteng neem kennis van Laerskool Tzaneen

Die jaarlikse Super 12 Laerskole Rugby- en Netbalkompetisie het afgeskop by Hoërskool Florida op 22 April.

Laerskool Tzaneen het in die groep ronde deelgeneem teen Laerskool Florida van Johannesburg en Laerskool Mooirivier van Potchefstroom.

Hierdie ronde het die plek bepaal waarvoor daar die opeenvolgende, op 25 April, in die finale wedstryde te Tuks uitgespeel is.

Die netbaluitslae was soos volg: Die 0/10 span wen altwee hul wedstryde teen Florida 17-3 en teen Mooirivier 15-11. Hul speel dus uit vir plek 1-4.

Tydens die finale verloor hulle albei hul wedstryde teen Laerskool Elarduspark 6-8 en Laerskool Goedehoop 5-10.

Adriaan Nel in aksie.

Hul is dus vierde in die algehele kompetisie.

Die 0/11 meisies wen Laerskool Florida 11-6 en verloor teen Mooirivier 7-24. Hul behaal ‘n algehele sesdeplek nadat hul in die finale teen Laerskool Middelburg 9-5 wen en verloor teen Laerskool Saamtrek 3-12.

Die 0/12 span verloor teen Mooirivier 23-7 en wen teen Florida 14-10, hul speel uit vir plek 5–8. By Tuks wen hul Laerskool Kollegepark van Vanderbijlpark 11-8 en verloor teen Laerskool JJ van der Merwe van Ermelo, 13-7.

Die O/13 A meisies eindig algeheel vierde. Van links: Hes-Marié Verreyne, Desiré de Jager, Vunene Mabuza, Tinashi Mageza, Janke Joubert, Mikyla Coetzer, Joalize Smit en Elzet Toerien.

Hul eindig algeheel in die sesdeplek.

Die 0/13 meisies het teen Mooirivier 18-6 en Florida 24-9 te wen.

Hul eindig algeheel vierde nadat hul albei wedstryde verloor het by Tuks teen Laerskool Elarduspark, 14-8 en Laerskool van Riebeeckpark 15-10.

Die Larries se rugbyseuns het hul net so goed van hul taak gekwyt.

Die 0/9’s wen teen Florida 35-7 en verloor teen Mooirivier 36-0. Hul behaal ‘n alghele vyfdeplek nadat hul in die finale vir Laerskool Kollegepark 10-7 en wen ook Laerskool Goedehoop 17-0.

Dimpho Mametja in aksie.

Die 0/10 seuns wen teen Florida 31-0 maar verloor teen Mooirivier 29-5. Hul behaal ‘n algehele sesdeplek, hul wen Laerskool Kollegepark 19-17 en verloor teen Laerskool Menlopark 10-0.

Die 0/11 seuns verloor teen Mooirivier 21-0 en wen teen Florida 29-0. Hul eindig algheel agtste nadat hul albei hul wedstryde verloor het tydens die finale, 0-7 teen Laerskool Middelburg en 0-7 teen Laerskool Saamtrek van Klerksdorp.

Die eerste rugbyspan behaal ‘n algehele vyfdeplek nadat hulle teen Mooirivier 36-12 en verloor het teen Laerskool Florida 22-5.

In die finale wen hul albei hul wedstryde teen Laerskool Middelburg 22-10 asook Laerskool Goedehoop 28-7.

In die netbalafdeling eindig Laerskool Tzaneen algeheel vierde met 56 punte, net drie punte kort van die derdeplek, die rugby behaal ‘n algehele sesdeplek met 52 punte. In die algehele kompetisie eindig die Larries in sewendeplek.

Die plaaslike netbal- en rugbyliga skop hierdie week af.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button