InternationalMotoringSportSport

Skiet as familiesport se gewildheid neem toe

Die BJV Letaba-skietbaan is ‘n plek waar oud en jonk bymekaarkom om hul liefde vir dié sport uit te leef.

Volgens Liesel Roos, sekretaresse van Letaba-tak vorm hulle deel van die Bosveld Jagters- en Wildbewaringsvereniging wat meer as 3000 lede in sewe takke het.

Die skietbaan op die Agathapad is waar daar maandeliks skietdae aangebied en saam gekuier word, vertel Liesel.

“Ons bied ons jaarlikse groepering-skietdag in Oktober aan waar onder meer jaggewere gewen kan word,” vertel Liesel.

“Die jaar het ons die kompetisie in die vorm van ‘n rondomtalie aangebied waar die eerste prys (ook ‘n jaggeweer) deur die mees veelsydigste skut van die dag gewen kon word.

“Die volgende rondomtalie-skietdag word volgende jaar in April aangebied.”

Lees ook: Limpopo to host national netball competition

Die afgelope twee maande het 23 lede hul toegewyde jagterstatus en CHASA- bekwaamheid-kwalifikasies suksesvol voltooi.

Inwoners wat graag vuurwapen-en veiligheidopleiding wil ondergaan, kan Bryan Hyland, hoofbaanoffisier kontak (sien kantoornommer onderaan).

Skietdissiplines wat aangebied word is jaggewere (slenterslag), 22-gewere (randslag), handwapens (pistole en rewolwers), haelgewere (kleiduifskiet), windbukse en boogskiet.

Die BJV se skietbaan is Maandae tot Vrydae oop van 8:00 tot 16:00 en Saterdae van 09:00 tot 12:00 vir mense wat graag wil oefen.

Lees ook: TZANEEN: DA to hold community meeting to address service delivery

Lede kan gratis oefen terwyl nie-lede R60 toegang betaal.

Lidmaatskap beloop R740 per jaar vir ‘n enkel volwasse persoon en R990 vir gesinne.

Hulle volgende skietdag vind op 13 Februarie volgende jaar plaas.

“Omdat ons ‘n familie-georiënteerd is, is veiligheid op die skietbaan baie belangrik. Ons glo daaraan om kinders van jonks af vuurwapenveiligheid en –hantering te leer,” sê Liesel.

“Indien daar vroue is wat belangstel om meer te leer, is hulle ook welkom.”

Vir meer inligting rondom opleiding en lidmaatskap, skakel Liesel by 071 871 4710 (kantoornommer).

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Emelda Tintswalo Shipalana

Tintswalo Shipalana, a journalist for the Letaba Herald, has been in the media industry for over a decade. She started her journey in radio, but ended up in print which is her first love. She joined the Herald newspaper as a cadet in 2016, where she graduated with a journalism qualification from the Caxton Training Academy. She also has a qualification in Feature Writing from the University of Cape Town and a Media Management qualification from Wits University. She is completing her BA Communication Science degree with UNISA. She sleeps well at night knowing she is a voice to the voiceless and her work contributes to promoting local talent, businesses and service delivery. Her love for her community keeps her working hard every day.

Related Articles

Back to top button