InternationalMotoringSportSport

Merensky laat die speke sing

In die eerste vriendskaplike Limpopo MTB XCO by die Louis Trichardt Boerefees op 24 April het Hoërskool Merensky se bergfietersryers Christené van Wyngaardt, Xandrich Schoerie, Kamogelo Mogale, Sophia van Wyk, Anke Rood, Hanré van den Berg en André van Deventer hul staal getoon.

Sophia van Wyk (sub-junior meisies) behaal ‘n tweedeplek en Hanré van Wyk (seuns) eindig derde.

Op 8 Mei tydens die MTB XCO te Bouncy Croc Farm te Mookgopong laat Sophia van Wyk (sub-junior meisies) behoorlik die speke sing en spog welverdiend met ‘n eersteplek.

André van Deventer (seuns) hou ook Plasieland se naam hoog en verwerf ‘n tweedeplek.

Hierdie roete het ‘n kwaai tegniese uitdaging gebied en bykans al die fietsryers het in een of ander stadium sleg met Moeder Aarde kennis gemaak.

Sophia van Wyk.

Lees ook: Limpopo colours, SA Champs and spirit trophy for Merensky’s sizzling MTB team

Xanrich Schoerie (sub junior seuns) eindig vierde, Anke Rood (meisies) sesde en Kamogelo Monyela (seuns) negende.

Dian Venter kon ongelukkig nie die roete voltooi nie nadat sy fiets se handvatsels met ‘n groot val gebuig het.

Die onverskrokke fietsryers slyp hul tande vir die volgende ronde by Stanford Lake College op 29 Mei.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Emelda Tintswalo Shipalana

Tintswalo Shipalana, a journalist for the Letaba Herald, has been in the media industry for over a decade. She started her journey in radio, but ended up in print which is her first love. She joined the Herald newspaper as a cadet in 2016, where she graduated with a journalism qualification from the Caxton Training Academy. She also has a qualification in Feature Writing from the University of Cape Town and a Media Management qualification from Wits University. She is completing her BA Communication Science degree with UNISA. She sleeps well at night knowing she is a voice to the voiceless and her work contributes to promoting local talent, businesses and service delivery. Her love for her community keeps her working hard every day.

Related Articles

Back to top button