Deure tydelik gesluit
Aqua Spar se deure is gesluit en talle inwoners van Aquapark en omliggend het vandeesweek hul skok en spyt hieroor uitgespreek.
AQUA Spar se deure is gesluit en talle inwoners van Aquapark en omliggend het vandeesweek hul skok en spyt hieroor uitgespreek.
Die goeie nuus is dat dit dalk net tydelik is.
Vir talle inwoners van Aquapark was dit uiters gerieflik om na werk daar te stop vir inkopies.
Morris Fox, eienaar van die besigheid, het aan LETABA HERALD gesê dat baie dinge nog kan gebeur en dat die deure gesluit is weens finansiële druk.
Hy het verder bevestig dat iemand die besigheid wou koop maar dat die koop deur die mat geval het.
‘Die deure is nie finaal gesluit nie,’ het Fox gesê.
Fox onderhandel tans op deurlopende basis met persone van Spar en die eienaars van die gebou.
‘Baie dinge moet gebeur voor ek weer die deure van die winkel oopmaak.’
Morris wou nie komentaar lewer nie, maar dit is duidelik dat die Lifestylesentrum, waar die nuwe Checkers onder andere is, druk plaas op die besighede in die omgewing.
‘n Ander winkeleienaar in die Aquasentrum het ook groot spyt uitgespreek dat die deure van Spar vir eers gesluit is.
‘ Ons verloor baie voete, en dit is swak vir ons besigheid,’ het hy gesê.