Local newsNews

Modelle bring titels huistoe

Dit was `n besige jaar vir die plaaslike Amone Modelling Academy (Tzaneen Tak) modelle wat spog met 7 Internationale titels wat hul Suid-Afrika en Tzaneen toe gebring het.

DIT was `n besige jaar vir die plaaslike Amone Modelling Academy (Tzaneen Tak) modelle wat spog met 7 Internationale titels wat hul Suid-Afrika en Tzaneen toe gebring het.

Bianca Combrink, leerder van Merensky wen in Augustus “Little Queen World” 2de plek, sowel as die titels “Miss Peace Ambassador” en “Little Queen of Europe”. (Bourgas, Bulgaria in Europa).

Leandri Schreiber model afrigter van Amone Modelling Academy, Tzaneen tak wen in Junie die “Miss Teen World-Gtand Prix asook die afdeling “Little Miss Black Sea” in Bourgas, Bulgaria in Europa.

Pearl Mlondobza van HoĆ«rskool Ben Vorster wen in Junie, die afdeling 1st Prinses in die “Miss Pre-Teen Planet asook die afdeling “Best Talent”, wat in Sozopol, Bulgaria gehou was.

Leandri het ook “Miss Teen Galaxy 2013 wat in Bansko, Bulgarye gehou was, gewen, en het dus Maart 2014 terug gegaan Bankso toe waar sy haar titel gaan oorhandig het, en ook gekies was om op die Internasionale beoordelings paneel te dien.

Amone wil ook hiermee voorspoed en sterkte toewens aan Uliene du Plessis en Solly Lebea (Laerskool Duiwelskloof) van Amone, Duiwelskloof tak.

Hulle is gekies om aan die “Little Mr & Miss Galaxy” 2015 wat in Bansko, Bulgarye gehou gaan word, Suid-Afrika in Maart 2015 te gaan verteenwoordig.

Indien enige persoon die modelle wil help met borgskap, en hul die geleentheid bied om hul drome te laat waar word, skakel asb vir Leandri Schreiber: 0783876838.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button