EntertainmentLifestyle

Leer sjokolade maak

Gaan leer alles oor sjokolade saam met Tzaneen VLU. Tzaneen VLU bied op 4 Oktober 'n oggendtee met 'n verskil aan

GAAN leer alles oor sjokolade saam met Tzaneen VLU.

Tzaneen VLU bied op 4 Oktober ‘n oggendtee met ‘n verskil aan: Sjokolateur, Nicola Greyling demonstreer hoe om met sjokolade te werk (van koeke oortrek en versier tot die maak van sjokolade fudge wat mens kan manipuleer om blommetjies, ens. te maak en nog vele meer). Boonop verskaf sy die resepte vir alles wat sy demonstreer.

Mense wat al van haar demonstrasies bygewoon het, praat met lof van haar.

Die demonstrasie duur van 09:00 tot ongeveer 13:00 en sal plaasvind in die amfiteater van die NG Kerk Letsitele.

Eetgoed, koffie en tee sal bedien word. Toegang is R70 per persoon. Skakel Adri Joubert 071 872 4143 of Ina Kruger 082 964 1900 vir kaartjies en meer besonderhede.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button