SAVF neem bejaardes op uitstappie
Lede van die SAFV Duiwelskloof het bejaardes van Goue Jare op 27 Augustus met 'n uitstappie bederf.
LEDE van die SAVF Duiwelskloof het bejaardes van Goue Jare op 27 Augustus met ‘n uitstappie bederf.
Johann en Daleen Kleynhans het gasheer en -vrou gespeel en die bejaardes in hulle tuin onthaal.
Meeste van die bejaardes is in rolstoele, maar dit het ds Dewald Vermaak, voorsitter van die SAVF, nie gestuit nie. Sy bakkie was vol rolstoele gelaai en die bejaardes is met die tehuis se bussie en deur lede van die SAVF aangery.
Dit was ‘n aangename dag wat ongelooflik deur die bejaardes geniet is.
Die organiseerders bedank graag Amanda Espach vir wors wat sy vir die braai geskenk het; Willie Swanepoel van Vleiskombuis vir ‘n pakkie droĆ«wors vir elke bejaarde; Hanlie Erasmus vir al die staaljies wat sy vir die bejaardes vertel het; Coke ‘n Cola vir die leen van hulle sambrele en Laerskool Duiwelskloof vir die gebruik van hulle gazebos.